Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 11 OKTOBER 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.
Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die Nuusbulletin met ʼn stil sleutel
Dit is met leedwese wat ons aankondig dat Molly Peer, ZR6MOL op Maandag 5 Oktober in die ouderdom van 65, 'n stil sleutel geword het. Molly was 'n lid van die SARL sedert 1995. Ons innige meegevoel met haar man Richard ZS6UK, seun Edwin ZR6ESP en dogter Hilary ZR6HAP.

POUSE VAN 5 SEKONDES

In die nuus vandag.
REUNION EILANDKONTAK OP 144,427 MHz JT65b VANAF DIVISIE 5
RAE NUUS
SOMER UITGAWE VAN DIE 5 MHz NUUSBRIEF NOU BESKIKBAAR
ESB SESSIE VAN DIE AWA QSO GESELLIGHEID VANMIDDAG

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

**** Vroeg oggend op Woensdag 7 Oktober 2015 om 7:44 Sentraal Afrika Tyd, het Phil Mondon, FR5DN, te Le Avirons, Reunion eiland, kontak gemaak met Dave Jones, ZS5DJ, te Ramsgate op 144,427 MHz JT65b oor n afstand van 2713 km.

Hierdie is een van vele vorige kontakte wat langs die ooskus van Durban tot by Oos-Londen gemaak is op 144 MHz ESB, en op digitaal so ver as Suid van Port Elizabeth oor ʼn afstand van 3247 km. Vroeër die week het Phil ons in kennis gestel van goeie Tropo kanaalkondisies oor die Indiese Oseaan. Al het jy nie digitale vermoëns nie kan jy nogsteeds die baken monitor op HSB deur te luister na die piccolo seine wanner daar ʼn sterk sein teenwoordig is.

Andre Botes, ZS2ACP, het onsook inkennis gestel van propagasie aktiwiteite na Reunion eiland op Woensdagaand die 7de Oktober. Hy het kontak met Phil FR5DN op 144,427 MHz JT65b om en by 22:00 Sentraal Afrika Tyd en glo dat Andre ZS2BK en ander amateurs in Divisie 5 ook met Phil kontak gemaak het.


**** Daar is slegs vier dae oor tot die skryf van die Radio Amateur Eksamen op Donderdag 15 Oktober 2015.
Alle eksamen dokumentasie is per koerier versend na die eksamen sentrums landwyd.
RAE kandidate berei die afgelope vier maande voor vir die geleentheid.
Die SARL Raad wil graag van die geleentheid gebruik maak om alle kandidate alles van die beste toe te wens vir die eksamen. Mag ons julle binnekort op die amateur luggolwe hoor.

****'n Bietjie later as verwag, die jongste uitgawe van die 5 MHz Nuusbrief - Somer 2015 (No 14) nou beskikbaar vir gratis aflaai in pdf formaat by tinyurl.com/ockn2ea. Dit kan ook gevind word in die eksterne skakels afdeling van die 'Wiki 60 Meter Band' bladsy en op die RSGB 5 MHz bladsy. Ons 5de verjaarsdag-uitgawe sluit die nuus oor die CEPT Europese Algemene Voorstel vir 'n amateur 5 MHz sekondêre toekenning vir WRC-15, 5 MHz toekennings in Hongarye, Oman, Nederland en Honduras, 'n opgedateerde lys van WebSDRs wat 5 MHz dek, 'n piramide Antenna vir 5 MHz en die nuwe FSQ data modus, geskik vir NVIS.

****Die ESB sessie van die Antieke Draadloosvereniging se AM en ESB Buis QSO Geselligheid vind plaas vanmiddag vanaf 13:00 tot 17:00 UTC . Aktiwiteit is op 40 en 80 meter en die volgende gedeeltes - 7 063 tot 7 100 kHz en 3 603 tot 3 650 kHz. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS verslag, 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin en die tipe radio gebruik, bv. HT37 Tx.

Die AM sessie is gistermiddag gehou. Logstate moet teen 31 Oktober ingedien word by andyzs6ady@vodamail.co.za of versend word per pos aan die Suider-Afrikaanse Antieke Draadloosvereniging, Posbus 12320, Benoryn, 1504. Vir al die reëls, raadpleeg asseblief die 2015 SARL Kompetisie handboek.
U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

**** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:
. ZS6EST: Norman Esterhuizen
. ZSL1180: Qingchao Zhu

Die volgende klubs het 'n aansoek gerig om geaffilieer te word.
ZS10AR Overberg Amateur Radio Klub
ZS6STN Sandton Amateur Radio Klub
ZS1FUN Cape Winelands Klub
ZR6TS First Polokwane Scouts Group
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

Lidmaatskap van die SARL is tans 1500 plus 40 geaffilieerde klubs.

**** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir sonfakkels nie.
Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 25 vir die week gebruik.
Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

**** SARL JEUG NET Sondag - Die SARL Jeug Net ontmoet weer vandag Sondag 11 Oktober om 16:00 op 7070 KHz. Koos ZR6KF sal planne vir die Desember 2015 Jeug maand bekend maak asook hoe om deel te neem aan die geselligeid op die lug. Jeug Op die lug of ook bekend as JOTA is n internationalegeselligheid wat gemik is daarop om jong amateurs bymekaar te bring op die amateur radio golwe gedurende die maand van Desember.

**** En nou vir die dagboek van gebeure
10 en 11 Oktober - die AWA AM en ESB buis kompetisie
15 Oktober - die Radioamateur eksamen
16 tot 18 Oktober - Jamboree-op-die-lug
17 Oktober - CQ Hou Koers
24 en 25 Oktober - die CQ WW DX ESB kompetisie
10 November - sluitingsdatum vir artikels vir die November/Desember Radio ZS

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

**** Vroeg oggend op Woensdag 7 Oktober 2015 om 7:44 Sentraal Afrika Tyd, het Phil Mondon, FR5DN, te Le Avirons, Reunion Island, kontak gemaak met Dave Jones, ZS5DJ, te Ramsgate op 144,427 MHz JT65b oor n afstand van 2713 km.

**** Daar is slegs vier dae oor tot die skryf van die Radio Amateur Eksamen op Donderdag 15 Oktober 2015.
Die SARL Raad wil graag van die geleentheid gebruik maak om alle kandidate alles van die beste toe te wens vir die eksamen.

****Die ESB sessie van die Antieke Draadloosvereniging se AM en ESB Buis QSO Geselligheid vind plaas vanmiddag vanaf 13:00 tot 17:00 UTC . Aktiwiteit is op 40 en 80 meter en die volgende gedeeltes - 7 063 tot 7 100 kHz en 3 603 tot 3 650 kHz.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Etienne Naude, ZS6EFN, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR en gelees deur Dawie Conradie, ZR6DHC.

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003